Verskeie besoeke word gedurende die produksiesiklus aan die plaas gebring. Hierdie besoeke is daarop gemik om produksie te optimaliseer, met inagneming van die finansiële en omgewingsimpak op plaasvlak.
Kynoch is besonder trots op ons navorsings- en ontwikkelingsvermoë. Ons beskik oor ’n moderne kweekhuiskompleks, groeikamers en ’n laboratorium waar ons verskillende groeitoestande kan naboots.