KynoPrecise™ is ’n toepassing wat onder sekere voorwaardes deur Kynoch-werknemers sowel as produsente gebruik kan word. KynoPrecise™ bied plekspesifieke insig, terwyl die nuutste inligting jou toerus om ingeligte besluite te neem. Die toepassing bied uitstekende mobiliteit op die land en kan vir navigasie, monsterneming, verslae en meer gebruik word. Nog ’n groot voordeel is die gebruik van satellietbeelde om afwykende gebiede op die land te identifiseer. Jy kan daarheen navigeer vir ’n gewasinspeksie en betyds regstellings maak om verliese te voorkom.